Читать книгу Suster Lilian se babasorgboek: Tradisionele en natuurlike sorg - Lilian Paramor - Страница 32

Maand Nege en Tien MYLPALE

Оглавление

Op tien maande kan jou klein hartedief skielik baie klouerig begin raak. Beskou dit as ’n kompliment! Jy het hom gehelp om ’n aansienlike vlak van onafhanklikheid te bereik en hy moet hom nou tot jou wend om homself gerus te stel. Hierdie stadium sal gou oorwaai as jy hom nie in ’n rigting probeer dwing nie. Baba is waarskynlik baie beweeglik, wat jou aan die draf hou en jou help om jou daaglikse oefening te kry! Hy kan enige oomblik begin kruip en begin hom teen die meubels regop trek. Hy sit al stewig en kan omdraai sonder om om te val. Sy verstaan klaarblyklik heelwat van wat jy sê en sal ook vir jou voorwerpe aangee wat sy vasgehou het. Teen ’n volle tien maande sal die meeste babas ’n arm of voet uitsteek wanneer jy hulle wil aantrek. Lees gereeld vir haar stories, sê rympies op en wys vir haar prente in boeke.

Suster Lilian se babasorgboek: Tradisionele en natuurlike sorg

Подняться наверх