Читать книгу Suster Lilian se babasorgboek: Tradisionele en natuurlike sorg - Lilian Paramor - Страница 30

BABASPELETJIES

Оглавление

•Maak proesgeluide teen haar magie. Die kielierige sensasie, saam met die snaakse geluide, sal haar laat skaterlag!

•Speel vliegtuigie met jou baba. Hou Baba stewig vas en vlieg met haar deur die kamer of tuin, terwyl jy haar af en toe in die rondte tol en op en af beweeg. Hou op sodra sy belangstelling verloor, maar dit is ’n speletjie waarmee Pa se sterk arms ’n hele ruk lank sal kan volhou – tot groot plesier van Baba, wat sommer gou sal aandui dat sy dit weer wil doen.

Suster Lilian se babasorgboek: Tradisionele en natuurlike sorg

Подняться наверх