Читать книгу Suster Lilian se babasorgboek: Tradisionele en natuurlike sorg - Lilian Paramor - Страница 40

LEES JOU BABA SOOS ’N BOEK

Оглавление

Al voel jy heel begryplik radeloos as Baba aanhoudend huil, moet jy jou liefs probeer distansieer en haar liggaamstaal en daaglikse patrone probeer waarneem om tot die kern van die probleem deur te dring.

•’n Rooi, verwronge gesiggie getuig van woede en frustrasie.

•Gespanne, opgetrekte ledemate hou moontlik verband met ’n moeilike ge­boorte en angstigheid.

•Voel agter die nekkie om die liggaamstemperatuur te bepaal – as die vel klam voel, kry Baba te warm; ’n gerieflike warm temperatuur is net reg.

•As die magie soos ’n strykplank voel, is dit waarskynlik koliek.

•Let op of die huilaanvalle op voorspelbare tye van die dag voorkom, dan is die weefselsout Mag. phos. die aangewese oplossing.

•As Baba kragtig melk opbring of braak en skynbaar pyn het, hoewel sy oor die algemeen gesond is en gewig optel, mag die krampwerende werking van Mag. phos. die gehuil vinnig laat ophou.

•As Baba aan sy ore trek, vryf of vee, huil hy waarskynlik van moegheid.

•Kyk of die hande en voete ’n gesonde kleur het om seker te maak dat linte of stywe kledingstukke nie dalk die bloedtoevoer afsny nie.

•’n Deurdringende geskree hou selde met ernstige siekte verband, hoewel sekere soorte koliek en strukturele urienbuisprobleme wel met ’n harde gehuil gepaard kan gaan.

•Siek babas sal dikwels ander siektesimptome vertoon en eerder kerm of sagter en hartverskeurend huil.

•’n Prikkelbare, knieserige, ongeduldige en geïrriteerde gehuil kan kenmerkend wees van ’n kind met ’n hoë behoeftevlak wat meer aandag verg en moeilik te­vrede gestel word. Homeopatiese Sister Lilian Chamomilla-tablette help gewoonlik in sulke gevalle.

•’n Gehuil op ’n hoër toonhoogte as waaraan jy gewoond is, dui soms op ’n oorinfeksie. Gaan spreek dus jou dokter as Baba siek lyk. Jy kan ook homeopatiese EarCare- of Chamomilla-tablette gebruik vir oorpyn en -infeksie.

•Spits jou ore as jy ’n droë, skor gehuil hoor wat op ’n seer keel kan dui, of ’n ge­huil wat met ’n blafhoesie afsluit aangesien dit ’n simptoom van kroep kan wees.

Suster Lilian se babasorgboek: Tradisionele en natuurlike sorg

Подняться наверх