Читать книгу Suster Lilian se babasorgboek: Tradisionele en natuurlike sorg - Lilian Paramor - Страница 18

WEEK SES

Оглавление

Ses weke is ook ’n kritieke tydstip in jou lewe saam met ’n baba. In Suid-Afrika is dit tans die tydstip waarop immunisering begin en wanneer ’n gesnuffel, toe neuse en verkoues die eerste keer voorkom. Baba behoort binnekort nog ’n groei­versnelling te beleef; benader dit presies soos die driewekeversnelling. Jy voel moontlik nogal uitgeput nadat jy ses weke lank harder gewerk het as ooit tevore, en terselfdertyd voel jy miskien dat jou kraamverlof – jou kosbare tydjie saam met Baba – besig is om verby te vlieg.

Oormatige mukus of slym is die oorsaak van die meeste geringe en baie van die ernstiger algemene kinderkwale, en babas en klein kindertjies is meer geneig om hieraan te ly.

Algemene oorsake van oormatige mukus op hierdie ouderdom is:

•Sensitiwiteit vir suiwel- en sojagebaseerde melkformules;

•Baie suiwel- en graanprodukte in die dieet van ’n ma wat borsvoed;

•’n Koue, droë klimaat;

•Immunisering;

•Te vroeë gebruik van babapap in ’n poging om Baba snags langer en beter te laat slaap.

Neem kennis van die volgende wenke:

ALGEMENE KWELLINGS VAN DRIE TOT SES WEKE

Lees elders meer oor die volgende:

•Koliek

•Klewerige ogies

•Milia (baba-aknee)

•Babaskilfers

•Sproei

•Veluitslag

•Beperk jou suiwelinname terwyl jy bors­voed.

•Skakel oor na ’n spesiale allergie- of intole­­ransie-melkformule.

•Voeg 5 druppels bloekomolie by Baba se bad­water terwyl jy die warm water intap: die dampe sal die lugweë oop­maak.

•In koue, droë klimate kan ’n warmlugbe­vogtiger snags gebruik word. Voeg ’n paar druppels bloekomolie by. Maak die bevog­tiger elke oggend skoon om te voorkom dat dit deur bakterieë besmet word.

•Moenie in hierdie vroeë stadium babapap gee nie.

•Sien die afdeling oor gesondheid in hierdie gids vir wenke rakende immunisering.


Suster Lilian se babasorgboek: Tradisionele en natuurlike sorg

Подняться наверх