Читать книгу Suster Lilian se babasorgboek: Tradisionele en natuurlike sorg - Lilian Paramor - Страница 16

WEEK VIER

Оглавление

Baba se ruggie is al effens sterker en sy is wawyd wakker en nuuskierig. Sy is ook dol daarop om naby jou te wees. Gebruik ’n ondersteunende buidelsak sodat jy jou hande los het om huistake te verrig. Baba sal jou gerusstellende hartklop kan hoor en jou liggaamshitte sal enige maagpyntjies streel. Moenie Baba heeldag en aldag so ronddra nie, maar dit kan ’n uitkoms wees vir inkopietogte, terwyl jy huishoudelike take moet verrig of wanneer sy knieserig is. Let op hoe haar hande haar eerste speelgoed word en sy ure lank haar vingers ineenvleg. Baba volg ook groot voorwerpe met sy oë tot by die middellyn, maar verloor dan belangstelling. As jou baba spesiale sorg in ’n hoësorgeenheid moes kry, is dit moontlik nou jul eerste week saam tuis as gesin. Sulke babas was dikwels voortdurend aan lig, klank en ander prikkels blootgestel en sal dus tyd nodig hê om by ’n rustiger, stiller omgewing tuis aan te pas. Laat dinge geleidelik tot bedaring kom en vestig ’n gereelde masseerroetine 2 maal per dag om hom te help kalmeer. Jy het moontlik reeds fisiek herstel van die geboorte, maar voel nog baie onbeholpe met die versorging van jou baba sonder die gerusstellende nabyheid van die ervare verpleegpersoneel. Dit is goed as jy jou baba gereeld hanteer voordat sy huis toe kom; bespreek dit gerus met die personeel. Lees die afdelings wat betrekking het op die eerste twee weke tuis met Baba, aangesien hierdie wenke nou op jou van toepassing is .

Suster Lilian se babasorgboek: Tradisionele en natuurlike sorg

Подняться наверх