Читать книгу Lewensblik - Marzanne Leroux-Van der Boon - Страница 17

Оглавление

Een van ons

In die al te nabye voel ek reeds weer ’n jaarlikse histerie rondom die Advent opbou. Aanvanklik verwys die glansblad-advertensie in my posbus net na die “ongelooflike” prysverlagings. Die “fantastiese” winskopies.

Maar al gou daarna sluip “Kersvader” – wie sou tog ooit só ’n karakter uitgedink het? – se potsierlike postuurtjie oral in. En dan is die vet in die vuur.

Advertensieblaadjies het nou boekies geword met verleidelike prente van Kersbome in alle patrone en vermommings; onweerstaanbaar getooide geskenkpakkies en meer joviale Kersvaders, wit krulbaarde en al, seil weerlose huishoudings binne, werk betowerde kinders tot raserny op, sal ten slotte begrotings en kredietkaarte genadeloos opvreet.

Winkels bult skielik van Kersversierings, goue balle, silwer sterre, glansende stringe. Kerskaartjie-verkope floreer. Enigiets van verspotte Kersvaders tot vrome herders, engele en ’n vleklose Josef en Maria by ’n baba in ’n voerbak. Drankverkope styg dramaties, misdaad neem toe, mense sterf op die paaie.

Vrede op aarde in die mense ’n welbehae.

Jare gelede het ons die wondermooie boek Hij was een van ons met Rien Poortvliet se ontroerende tekeninge en Hanse Вouma se pragtige teks uit Nederland teruggebring.

Dit bly steeds een van my kosbaarste besittings. Miskien was dit die klein begin van my ophou glo dat die Here op 25 Desember gebore is, maar eerder in September of Oktober.

Hoe ook al, dié boek het my vir altyd losgemaak van die beeld van ’n blakende Kerskindjie met blonde krulhare, rustig in sy beeldskone mamma se arms langs ’n stoere pappa en ’n koei wat nadenkend oor hulle staan en herkou.

Poortvliet laat jou ’n hoog­swanger, doodmoeë Maria sien wat ongemaklik aan die rug van ’n eseltjie vashou.

Оnder ’n tekening van haar op die harde grond teen Josef aan­geleun, die armoedige skaap­wagters in ’n skugter hopie voor hulle opgedam, staan hierdie woorde: Een man een vrоиw een kind. Zo menselijkerwijs, zo onontkombaar. Hier hоudt God op en hof. Hoe laat Hij zich kennen.

Twee bladsye verder is ’n volle 30 x 28 cm bladsy met pentekeninge gewy aan ’n peutertjie se eerste twee jaar. Huilend, laggend, gapend, kruipend, eerste treetjies, handjies-klap. Tipies van die eerste foto’s wat elke mamma in haar hart bewaar.

Die volgende twee bladsye bevat ontroerende sepia-agtige bruin en room sketse van Yeshua, ’n tipiese Joodse seuntjie, se vormingsjare: Вaba aan Maria/Miryam se bors, op Josef se skoot die Tora bestudeer, agter sy hondjie aan die hardloop, vyf jaar oud, kippah op die koppie, uit ’n kommetjie melk aan die drink. Оp sy maag met ’n maatjie in die sand aan die lê en teken. In die timmermanswinkel by Pappa gereedskap aan die leer hanteer.

Altyd met die donker krulhare, keppeltjie op sy kop. ’n Gewone kind in ’n alledaagse, eenvoudige huishouding . . .

Al was Hy God, het Hy nie gedink dat sy Goddelike status iets was waaraan Hy ten alle koste moes vasklou nie . . . (Filippense 2:6).

Ek sit soos baie male met dié boek oop op my skoot en kyk uit oor die tuin. By my voete het ’n tortelduifie aarselend in die gras kom pik. Ek kyk na die son op sy veertjies, op sy swart boordjie. So sierlik is die fynste besonderhede.

Al hierdie dinge is deur Hom en vir Hom geskape . . .

Ek maak my оё toe en voel die son op my gesig. Warm soos sy shechinah heerlikheid.

Voor my geestesoog sien ek Hom staan. Yeshua, Joodse rabbi. Ek sien Hom glimlag. In my hart hoor ek Hom sê: “Dit is inderdaad Advent, tyd van die naderende koms. Die tweede koms!”

Lewensblik

Подняться наверх