Читать книгу Op vlerke van geloof - Solly Ozrovech - Страница 16

Оглавление

10 Januarie

Sing tot eer van die Here

LEES Psalm 149

Sing ’n nuwe lied tot eer van die Here, sing tot sy lof in die vergadering van sy troue dienaars. – Psalm 149:1

Het jy al in jou lewe ervaar dat daar ’n bevrydende krag in dankbaarheid en lofprysing is?

Dit wil voorkom asof daar in die mens ’n onweerstaanbare neiging is om te murmureer en te kla. Só ’n gesindheid kan vernietigend op ’n mens se lewe inwerk. Om te kla kan ’n lewenspatroon word wat afbrekend is vir almal wat by jou lewe betrokke is.

Regdeur die Bybel en veral in die Psalms weerklink die oproep tot lof en dank: “Dank die Here”; “Loof die Here, o my siel!”

Wanneer jou hart oorloop van lof en jy die goedheid van God uitjubel, word jy bewus van ’n nuwe krag wat deur jou liggaam vloei.

Lof en dank verhef ’n mens se lewe tot ’n nuwe vlak. Hierdie krag maak dit maklik om met jou probleme te worstel en jou moeilikhede te oorkom. Dit laat hulle nie verdwyn nie – o nee! Maar lofprysing plaas ’n lied in jou hart, selfs in die donkerste nag.

GEBED

As ek rondom my kyk, Vader, word ek bewus van soveel skoonheid waarvoor ek U moet dank en loof dat daar nie tyd oorbly om te kla nie. Help my om altyd u lof te besing, selfs in die nag van beproewing.

Op vlerke van geloof

Подняться наверх