Читать книгу Kies die lewe - Solly Ozrovech - Страница 44

9 Februarie

Оглавление

Matteus 10:16–25

Moed hou: ’n Christelike deug

Maar wie tot die einde toe volhard, sal gered word. – Matt 10:22

~

Christus het nêrens beloof dat die Christen se pad altyd maklik sal wees nie. Inteendeel, Hy praat dikwels daarvan dat jy jou kruis moet dra. Moontlik het jy jouself al heimlik afgevra of dit die moeite werd is. En tog, na wie toe anders sal jy gaan? As jy eenmaal ’n ervaring met die lewende Christus gehad het, sal jy nooit met die naasbeste tevrede kan wees nie.

As jy deur ’n donker tydperk van depressie in jou lewe gaan en jy gedwing voel om jou geloof te laat vaar, moenie oorreageer nie. Identifiseer die rede waarom jy jou houvas op geestelike waardes verloor het. Wees absoluut eerlik met jouself. Lê dit by ’n afgeskeepte gebedslewe? Of verwaarloosde Bybelstu­die? Bevind jy jou in geselskap wat nie tot geestelike groei bydra nie? Het jou toewy­ding aan die Meester verslap? Die skuld lê nie by God nie, maar uitsluit­lik by jou.

In die vernuwing van jou geloof moet jy vlerke kry na Christus toe. Los alle verskonings en argumente wat verwarring in jou geestelike lewe skep. Christus het jou nie laat los nie. Herbevestig jou geloof dat Hy in jou leef. Hou moed en volhard in die geloof en vertrou op die onsterflike liefde van Jesus Christus.

Deur u onbeperkte krag en genade, Vader, sal ek volhard en my geloof deur ’n lewe van algehele oorgawe en toewyding herbevestig. Help my daartoe deur die werk van u Heilige Gees.

Kies die lewe

Подняться наверх