Читать книгу Kies die lewe - Solly Ozrovech - Страница 48

13 Februarie

Оглавление

1 Timoteus 1:12–20

’n Suksesresep

Teenoor Christus Jesus ons Here is ek dankbaar: Hy het my krag gegee en my betroubaar geag om my in sy diens te stel. – 1 Tim 1:12

~

Almal wil graag suksesvol wees. Niemand wil graag as ’n mislukking geklassifiseer word nie. In die moderne samelewing beteken “sukses” om jou doelstellings te bereik en as beloning prestige en welgesteldheid te geniet.

Daar is talle mense wat nie uitgestyg het bo die gemiddelde in hul beroep of professie nie, wat nie groot bankrekenings het nie en tog die respek van hul medemens verdien het. Sukses is wel begeerlik en iets om na te streef, maar dit is veel meer as geld, prestige of gesag. Dit is ’n lewenskwaliteit wat gekweek word deur adel van die gees en gehoorsaamheid aan God.

Die Skrif klassifiseer sukses nie as die hoogste doelstelling in ons geestelike lewe nie. Daar is ander kwaliteite wat van groter belang in God se oë is. Voordat God ’n persoon “suksesvol” verklaar, eis Hy gehoorsaamheid en getrouheid in alle sake. God sien verby menslike waardebepalings en beoordeel ware sukses in terme van toewyding aan Hom en aan sy wil.

Iemand kan ’n sukses of ’n mislukking in die oë van sy medemens wees, maar die finale toets lê in die vraag: Het Hy my betroubaar geag?

My hoogste vreugde, o Here, is om u wil te doen en aan U onder alle omstandighede getrou te wees.

Kies die lewe

Подняться наверх