Читать книгу Kies die lewe - Solly Ozrovech - Страница 43

8 Februarie

Оглавление

Romeine 8:31–39

’n Almagtige bondgenoot

God is vir ons, wie kan dan teen ons wees? – Rom 8:31

~

Moontlik is jy op die oomblik besig om hard te stry teen ’n gevoel van onbekwaamheid en mislukking. Die duiwel is so magtig dat jy voel soos ’n man wat veg met een arm agter die rug vasgemaak. Jy weet dat jy triomfantelik moet uitstyg bo elke bedreiging en tog vrees jy die dreigende neerlaag.

Daar sal ’n ommekeer in jou denke moet kom. Jy moet ingestel wees op oor­winning en nie op neerlaag nie. Jy moet vanuit die oortuiging leef dat, al is Satan magtig, God Almagtig is. Maak seker dat jy aan God se kant is as dit jou begeerte is om oorwinning te ken.

’n Mens kan nie op paaie loop wat jou eie dwase hart beplan en dan God se seën daarop verwag nie. Soek eers sy wil vir jou lewe en skik jou dan na sy wil. Jou gehoorsaamheid en sy almag kan onbeperkte oorwinnings vermag.

As jy in harmonie met God werk, bring dit nie alleen doelgerigtheid en krag in jou lewe nie, maar ook die karaktereienskappe wat noodsaaklik is vir ’n lewe van oorwinning.

Hierdie vreugde put jy uit die Bron van alle ware vreugde. Jy ervaar ’n gewaarwording van vrede in God, wat deur niks vernietig kan word nie. Selfs in die stormagtigste oomblikke, kom daar vredevolle berusting in jou hart en denke.

Skenk my die geloof en geestelike waagmoed, o Here, om my lewe onlosmaaklik aan U te koppel, sodat ek deur almag, triomfantelik kan lewe.

Kies die lewe

Подняться наверх