Читать книгу Kies die lewe - Solly Ozrovech - Страница 28

25 Januarie

Оглавление

1 Korintiërs 12:12–31

Evaluering van die beste

Lê julle toe op die beste genadegawes. – 1 Kor 12:31

~

Dit is net natuurlik om die beste wat die lewe bied te begeer. Dit is egter lewensbelangrik om te weet wat die “beste” is; om nie onbewus ’n plaasvervanger te aanvaar of om met die tweede beste tevrede te wees nie. Mense streef dikwels na ’n doel wat na hul mening vir hulle die beste is, terwyl God vir hulle iets beters en edel bedoel het.

’n Vals sin vir waardes laat jou dikwels na die tweede beste gryp. Dan maak jy die denkfout om te dink rykdom is belangriker as ’n edel karakter; dit is beter om te ontvang as om te gee; jy moet uit die lewe haal wat jy kan sonder om enigiets in te sit; die doel heilig die middele en net dwase verrig liefdesdiens.

Om te weet wat vir jou die beste is, moet jy jouself ken. Jy moet weet wat jy kán, wie jy is en wat jou potensiaal is. Dit verg moed van ’n besondere kwali­teit om jou eie tekortkomings nugter te sien en te erken; om jou foute te verstaan en te bely; om beslis te wees en volgens God se norme doelstellings te stel: eer­likheid, liefde, reinheid en onselfsugtigheid.

Jy sal nie altyd daaraan kan voldoen nie, maar dit sal so ’n impak op jou lewe maak dat jy sal uitvind God se beste vir jou oortref alles wat jy vir jouself kan begeer.

Gee my die wysheid, Here Jesus, om alleen met die beste tevrede te wees, deur te streef na u waardes en beginsels.

Kies die lewe

Подняться наверх