Читать книгу Kies die lewe - Solly Ozrovech - Страница 40

5 Februarie

Оглавление

Romeine 8:18–30

God van hoop

Ek is daarvan oortuig dat die lyding wat ons nou moet verduur, nie opweeg teen die heerlikheid wat God vir ons in die toekoms sal laat aanbreek nie. – Rom 8:18

~

Dit is heel natuurlik dat daar droefheid sal wees wanneer die dood ’n familiekring binnedring. Dit is eg menslik om jou eie hartstogtelik lief te hê en met pyn verlies te ervaar. Tennyson sê tereg: “But o for the touch of a vanish’d hand, and the sound of a voice that is still!”

Dit is die genadegawe van hoop in jou hart wat op so ’n dag jou vrees in vertroue, jou droefheid in stille vreugde, jou twyfel in sekerheid en jou eensaamheid in heilige geloofsgemeenskap omskep. “Dan sal julle ook nie treur nie, soos die ander mense wat geen hoop het nie” (1 Tess 4:13). Hoop is daardie verwagting wat ons hart met blydskap vul. Dit is die Christen se onwrikbare vertroue in die ewige goedheid van God. Hoop is een van die drie onsterflikes, met geloof aan die linkerkant en liefde aan die regterkant (lees 1 Korintiërs 13:13).

Geloof is leeg en liefde betekenisloos sonder hoop. Dit is die anker waar­aan jy kan vashou in enige storm (lees Hebreërs 6:19).

Hoop gee aan jou ’n onoorwinlike gees. Wanneer hoop lewe, lewe alle dinge. Hoop sê vir jou dat hierdie lewe slegs die voorwoord is tot die opwindende boek van die ewige lewe.

As die wêreld vra: “Is jy bang?”, dan antwoord hoop: “Nee! Want my Here is daar!”

Ewige God, van wie ek kom en tot wie ek terugkeer, dankie vir u Woord wat altyd nuwe hoop bring wanneer storms my bedreig. Versterk my daagliks in die onblusbare hoop wat die erfdeel van u kinders is.

Kies die lewe

Подняться наверх