Читать книгу Kies die lewe - Solly Ozrovech - Страница 30

27 Januarie

Оглавление

Psalm 139:1–24

Deur God omsluit

U omsluit my van alle kante, U neem my in besit. – Ps 139:5

~

Dit is ’n onuitspreeklike genade van God dat Hy ons omsluit met sy liefde en ons daarom kan jubel: “Immanuel – God by ons!” Hoe verbly hierdie woorde ’n mens se hart telkens wanneer die donker wolke van wêreldse spanning jou na depressie en moedeloosheid wil dryf.

God se teenwoordigheid is nie net ’n mooi teorie nie, maar ’n konkrete, praktiese werklikheid:

God is bo jou – om jou te beskerm teen die hitte van die son in die stryd van elke dag; ook die versengende strale van verleiding en versoeking;

God is agter jou – om jou te bewaar teen agteruitgang en jou te versterk om in sy krag steeds voorwaarts te beur;

God is onder jou – om jou omhoog te hou en te ondersteun wanneer die stryd jou neerdruk en jy gevaar loop om onder te gaan;

God is vóór jou – om jou te lei op die paaie van geregtigheid;

God is rondom jou – om jou te omsluit met sy liefde en om jou te beskerm teen sigbare en onsigbare gevare;

God is binne jou – om vir jou die weg, die waarheid en die lewe te wees; om te voorsien in jou behoeftes na die rykdom en heerlikheid van sy genade.

God is vir jou die Algenoegsame.

God is in Christus vir jou Immanuel – God by ons!

Here, ek staan in woordelose verwondering voor die algenoegsaamheid van u teenwoordigheid in my lewe. Dankie dat ek u kind kan wees.

Kies die lewe

Подняться наверх