Читать книгу Kies die lewe - Solly Ozrovech - Страница 42

7 Februarie

Оглавление

Filippense 1:1–11

God boaan my lewensagenda

Ook bid ek dat julle liefde al hoe meer sal toeneem in begrip en fyn aanvoeling, sodat julle die dinge sal kan onderskei waarop dit werklik aankom. – Fil 1:9–10

~

Daar is soveel belangrike dinge wat jou aandag en kragte van dag tot dag opeis. Daar is die besigheid wat jy bedryf; voltydse studie vir ’n loopbaan; die sleurgang van die huishouding; die opvoeding van die gesin; die sorg vir siekes en bejaardes en nog baie ander.

Desnieteenstaande mag jy hierdie dinge nie verhef tot die hoogste goed nie. Jy moet God eerste plaas op die agenda van elke dag. Hy is immers die Eerste en die Laaste; uit Hom, en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Hy eis die hoogste prioriteit in jou bestaan, nie alleen omdat Hy die reg daartoe het nie, maar ook omdat jou lewe daardeur sy hoogste doel bereik en wen aan diepte en kwaliteit.

As Hy eerste in jou lewe is, sal Hy elke terrein van jou lewe beïnvloed wat aan Hom ondergeskik gemaak word.

Vereer God met jou tyd, jou talente, jou besittings, jou planne en laat sy Gees toe om te heers oor al die aspekte van jou bestaan. Dan sal jy die opwindende ontdekking maak dat, wanneer God eerste geplaas word in jou lewe, jy perspektief in die lewe kry. Dan sal jy vrede hê met jouself en met ander.

Hemelse Vader, leer my deur u Heilige Gees dat my primêre taak is om U eerste te plaas. Daarop moet dit vir my wesenlik aankom. Doen dit in my lewe deur die verdienste van Jesus Christus, wat geleef en gesterf het om U te verheerlik.

Kies die lewe

Подняться наверх