Читать книгу Kies die lewe - Solly Ozrovech - Страница 26

23 Januarie

Оглавление

Psalm 90:1–17

Gryp die dag!

Leer ons ons dae so gebruik dat ons wysheid bekom. – Ps 90:12

~

Vandag is ’n onbeskryflike gawe van God aan jou. Alles sal natuurlik nie voorspoedig verloop nie en jy sal nie noodwendig vry wees van versoe­kings en beproewings nie. Maar as jy met dankbaarheid die gawe van die Skepper aanvaar, sal jy ook bewus word van sy genade in jou lewe. Hy maak die ongelyke plekke glad en die krom paaie reguit.

Jy kan jou jare tel volgens die syfer óf volgens die inhoud daarvan.

Volgens die inhoud kan ’n lang lewe kort wees en ’n kort lewe lank. ’n Lang lewe wat leeg is aan geloof, seën vir ander, liefde, arbeid en genade, kan kort wees as God sy meetsnoer daarlangs lê. Dit is hóé ek elke oomblik van elke dag benut wat bepaal wat die kwaliteit van my lewe is.

In sy onmeetlike genade laat God dit aan jou oor om te besluit hoe vandag sal wees. Moontlik het jy reeds met vrees en bewing gedink aan al die dinge wat verkeerd kan loop; die teenspoed wat jou kan inhaal en die rampe wat net om die draai wag. Miskien begin jy alreeds moedeloos en terneergedruk voel voordat die dag begin het. Hierdie soort gedagtepatroon is teenproduktief en laat jou saam met Job sê: “Wat ek gevrees het, het oor my gekom; waarvoor ek bang was, het my getref” (Job 3:25).

Vertrou op die Here en dank Hom vir elke nuwe dag.

Here, dankie vir die voorreg om hierdie nuwe dag tot u eer te gebruik en dit met ander te deel. Dankie dat my tye in u hand is.

Kies die lewe

Подняться наверх