Читать книгу Kies die lewe - Solly Ozrovech - Страница 35

Februarie

Оглавление

Gebed

Liefdevolle Vader, daar is maar een en dertig dae van die jaar verby

en alreeds moet ek met skaamte voor U staan om te bely

dat so baie van die goeie voornemens van die nuwe jaar, skipbreuk gely en gestrand het;

dat versuim oor soveel van my kosbare tyd geskrywe kan word;

dat ek meer tyd saam met U in gebed kon deurgebring het, om met U te praat en na U te luister;

dat u Woord vir my kosbaarder kon gewees het sodat dit my lewe kon verryk het;

dat ek nagelaat het om getrou u wil te soek en dit in gehoorsaamheid te doen.

Dankie, Here, dat U nie alleen vergewe nie, maar dat U deur u Heilige Gees die wil in my wek om oorwinnend te lewe; om U beter lief te hê; U meer nougeset te volg; meer gehoorsaam aan u wil te lewe.

Dankie dat U, deur Jesus Christus, die ou dinge laat verbygaan en alles nuut maak.

Lei my hierdie maand deur u Gees en om Jesus Christus ontwil.

Amen.

Kies die lewe

Подняться наверх