Читать книгу Kies die lewe - Solly Ozrovech - Страница 55

20 Februarie

Оглавление

2 Korintiërs 5:11–21

Van groewe en grafte

Iemand wat aan Christus behoort, is ’n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom. Dit is alles die werk van God. – 2 Kor 5:17–18

~

Daar is net ’n diepteverskil tussen ’n graf en ’n groef. Daarom is dit so gevaarlik om toe te laat dat ’n siellose eentonigheid oor jou le­we neerdaal.

’n Positiewe manier om teen eentonigheid te waak, is om bewus te bly van die lewe rondom jou en van alles wat gebeur. Moenie die welsyn van jou medemens ignoreer nie. Wees hoflik en sien die bedagsaamheid van ander raak. Moenie die skoonheid van die skepping as vanselfsprekend aanvaar nie. Waardeer elke gebaar van vriendskap, want dit kan tot lewenslange kameraadskap lei.

As jy die lewe kleurloos en eentonig vind, kan jy alleen jouself blameer. Moe­nie onbetrokke en onsensitief wees vir die opwinding en die wonder van die lewe rondom jou nie.

Glo onwrikbaar dat deur die inwonende teenwoordigheid van die lewende Christus, jy wel die vermoë het om nie in ’n groef te verval nie en dat jy die eentonigheid van elke dag in ’n opwindende ervaring kan omskep. As ’n mens met Christus verenig is, raak jy nooit afgesluit van wat in die wêreld gebeur nie.

Laat sy Gees jou lei, en jy sal ontdek dat die eentonigheid uit die lewe ver­dwyn – Hy vernuwe alles elke dag en lig jou uit jou groef voor dit jou graf word.

Dankie, Here, vir ’n vol en opwindende lewe wat ek deur U leer ken het.

Kies die lewe

Подняться наверх