Читать книгу Kies die lewe - Solly Ozrovech - Страница 56

21 Februarie

Оглавление

Titus 2:1–15

Die krag van die Heilige Gees

Hy het Homself vir ons as offer gegee om ons van alle ongeregtigheid vry te maak en ons van sonde te reinig, sodat ons sy eie volk kan wees wat ywerig is om die goeie te doen. – Tit 2:14

~

Jy is baiekeer bekommerd oor jou gebrek aan geestelike groei, maar dit is vir jou baie moeilik om dit aan jouself te erken. Vra jy eerlik en opreg: “Hoe kan ek my geestelike aktiwiteit bevorder en my geestelike groei stimuleer?” dan antwoord niemand minder nie as Jesus Christus: “Dit is die Gees wat iemand lewend maak; die mens self kan dit nie doen nie” (Joh 6:63). Dit is die geheim van groei en ontwikkeling.

Terwyl jou kennis en ervaring van die inwonende Christus verdiep, begin sy beeld al meer in jou lewe tot openbaring kom. Dit gebeur egter in direkte verhouding tot jou ywer en toewyding aan die Heilige Gees. Wanneer ’n nie­tige saadjie ontkiem, het dit soos dit groei die krag om rotse uitmekaar te skeur en ongelooflike struikelblokke te oorkom om uiteindelik vrugte te dra. So werk suurdeeg ook in stilte, maar met krag en doeltreffendheid.

Die bron van hierdie krag is die Heilige Gees. Die Gees is die mees praktiese en dinamiese krag in die heelal. Daarom durf jy nie in onmag van een kleurlose dag na die volgende voort te strompel nie. Die Gees is die energie wat die mens geestelik laat groei. Daar is geen bonatuurlike ervaring nodig om die waarheid hiervan te bewys nie – dit is ’n gawe van Christus aan ál sy kinders.

Gees van krag en groei, kom leef in my en ondersteun my in my groei na Christus toe.

Kies die lewe

Подняться наверх