Читать книгу Kies die lewe - Solly Ozrovech - Страница 62

27 Februarie

Оглавление

Matteus 6:5–15

Vergifnis – ontvang en gegee!

[…] vergeef ons ons oortredinge soos ons ook die vergewe wat teen ons oortree. – Matt 6:12

~

Die eerste deel van die bede herstel die gebroke verhouding tussen ons en God, want Hy het belowe “as ons ons sondes bely – [is Hy] ge­trou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid” (1 Joh 1:9).

Die tweede deel van die bede herstel die gebroke verhouding tussen ons en ons medemens. Wat ons dus letterlik hier vra is: Vergewe ons ons oortredinge tot dié mate wat ons dié vergewe wat teen ons oortree.

Daar is gewoonlik ’n rede waarom iemand iets doen: bekommernis of pyn; misverstand, oorerwing of omgewing; temperament.

Ons moet leer om te vergeet. Solank ons broei oor ’n onreg is daar geen hoop dat ons sal vergewe nie. Net die Gees van God kan my bevry van die bitterheid wat my daarvan weerhou om te vergewe.

Ons moet leer om lief te hê. Hierdie liefde kom ons lewe binne saam met ons oorgawe aan Jesus Christus. Hy het ons nie net geleer om in liefde te vergewe nie – Hy het dit aan die kruis gedemonstreer toe Hy gebid het vir sy vyande.

Ons het soveel vergifnis ontvang. God verwag dat ons dit ook sal gee.

Here, ek wat vergifnis ontvang het, sing dankbaar my verlossingslied. Gee dat ek gretig sal wees om hulle te vergewe wat teen my oortree.

Kies die lewe

Подняться наверх