Читать книгу Uit die Beek 2013 - Attie van Wijk - Страница 3

Оглавление

Voorwoord

Baie welkom by nog ’n jaar van saam luister na die Woord van God. Ons sal om die beurt ’n boek uit die Ou Testament en die Nuwe Testament bestudeer. As jy al vyf jaar in die siklus saam met ons gestap het, het jy al 66 boeke in die Bybel van voor tot agter deurgelees. Dit is daarom belangrik om ook die aandgedeelte elke dag te lees.

Gebruik asseblief die gebedsgids in hierdie boek om jou te help om elke dag sinvolle voorbidding te doen, sonder om in dieselfde rympie te verval.

Ds AJ van Wijk (Snr) het in 1925 begin om hierdie oordenkings te skryf. Sedert 1927 is dit die Uit de beek genoem, na aanleiding van Ps 110:7 in die Nederlandse Bybel: “Hij zal op den weg uit de beek drinken; daarom zal Hij het hoofd omhoog heffen.” ’n Beek is natuurlik ’n bergstroompie. Die gedagte is dat ons onsself elke dag moet verfris by die vars water van die Woord vir die dag wat voorlê. Sedert 1929 is hierdie oordenkings in Afrikaans geskryf, wat Uit die Beek die oudste Bybeldagboek in Afrikaans maak. Hierdie is die 88ste uitgawe daarvan. En ons sal sien dat die Bybel elke dag byderwets, nuut en vars is. Die huidige skrywer is ’n kleinseun van die oorspronklike skrywer. Sy e-posadres is attie.vanwijk@gmail.com.

Ons begin weer vanjaar met ’n nuwe vyfjaarsiklus. In die Ou Testament lees ons deur Genesis, Josua, Spreuke en Jesaja. In die Nuwe Testament lees ons deur Matteus, Romeine, Filippense en Jakobus. Sondae lees ons uit die Psalms. Ons sal ontdek hoe aktueel selfs die minder bekende Bybelboeke vir ons daaglikse lewe is.

Dié dagboek is geskik vir jou persoonlike stiltetyd, en ook om tydens huisgodsdiens gebruik te word. Om daarmee te help, gee ons elke dag ’n geselsvraag om die gesin te betrek.

Mag hierdie jaar vir jou ’n besondere tyd van geestelike groei wees, sodat jy die Here sal leer ken soos Hy werklik is! Bou elke dag aan jou verhouding met Hom!

Uit die Beek 2013

Подняться наверх