Читать книгу Uit die Beek 2013 - Attie van Wijk - Страница 6

Оглавление

Welkom by Genesis

SKRYWER:

• Tradisioneel en volgens verwysings in die res van die Bybel was dit Moses wat die eerste vyf boeke van die Bybel op skrif gestel het, hoewel sy naam nie in Genesis voorkom nie.

EERSTE LESERS:

• Dit is geskryf om vir die Israeliete te wys waar hul volk vandaan kom en wat hul roeping is.

DATUM:

• Dit dek die tydperk van die skepping af tot die dood van Josef in ongeveer 1804 vC. Indien die tradisie korrek is, is dit tussen 1445 en 1405 vC (die eksodus) geskryf.

DOEL:

• Om te wys dat God reeds vanaf die skepping in die wêreld aan die werk is, en dat Hy ’n volk uitgekies het om sy verbondsvolk te wees.

HOOFTREKKE:

• Die skepping tot die dood van Tera (1–11).

• Abraham se aankoms in Kanaän tot Josef se wegvoering (12–36).

• Die verhaal van Josef in Egipte (37–50).

LET OP NA:

• Jesus se lering en die teologie van die Nuwe Testament is in groot mate gegrond op Gen 1–11.

• Die begin van die skepping, van sonde en van die verbond.

CHRISTUS IN GENESIS:

• Christus is die saad van die vrou wat die slang sal oorwin (Gen 3:15).

• Adam wys waarom ons ’n “tweede Adam” nodig het (1 Kor 15:22, 45).

• Abel se offer is ’n voorloper van Christus s’n (Gen 4:4).

• Melgisedek is ’n voorloper van Christus se hoëpriesterskap (Heb 7:17).

• Josef se geskiedenis stem op baie punte ooreen met Jesus s’n.

Uit die Beek 2013

Подняться наверх