Читать книгу Uit die Beek 2017 - Attie van Wijk - Страница 48

DONDERDAG 9 FEBRUARIE 2017 Lees eers Deuteronomium 26:1-11

Оглавление

DANKBAARHEID

Jy moet al die goeie dinge geniet wat die Here jou God aan jou en jou huisgenote gee, jy en die Leviete en die vreemdelinge wat by jou woon (26:11).

GESELSVRAAG: Hoe wys ons vir die Here hoe dankbaar ons is?

“Daardie perde is darem goeie Christene.” “Hoekom sê jy so, Hennie?” vra sy ma. “Kyk net hoe lank is hul gesigte.” Ek wonder soms of daar nie waarheid in hierdie storie sit nie wanneer ek die gemeente se gesigte sien terwyl hulle in die kerk lofgesange sing, of dalk nie eens saamsing nie.

Deuteronomium wil ons vandag daaraan herinner dat die Here wil hê dat ons sy gawes geniet. Ons moet Hom met vreugde dien. Interessant genoeg sê hy dit in ’n gedeelte wat oor tiendes handel. Gee jy jou tiende met blydskap, of met ’n lang gesig? Of vertrou jy nie eens die Here genoeg om ’n volle tiende aan Hom terug te gee nie? Moses leer ons dat ons al die goeie dinge moet geniet wat die Here aan ons en ons gesin gee. Maar ons moet dit ook deel met die “Leviete” – dié wat voltyds in die Here se diens is – en met vreemdelinge – die mense wat nie werk het of in ons land versorg word nie. God het ’n hart vir armes. Hy gebruik sy kinders om vir hulle te sorg. Hy het nie self daardie dankoffers nodig nie.

Kom ons maak seker dat ons die Here met blydskap dien, ook deur die tiendes wat ons vir Hom bring.

GEBED: Baie dankie vir al die gawes wat U aan ons toevertrou, Here. Ons wil as u bestuurders ook daarvan belê waar dit die nodigste is.

Lees vanaand in Deuteronomium 26:12-19 hoe ons dankoffers wys of ons werklik aan die Here behoort.

Uit die Beek 2017

Подняться наверх