Читать книгу Uit die Beek 2017 - Attie van Wijk - Страница 53

DINSDAG 14 FEBRUARIE 2017 Lees eers Deuteronomium 28:58-62

Оглавление

OF ANDERS …

Sorg dat jy lewe volgens al die bepalings van hierdie wet wat in hierdie boek opgeteken is, dat jy eerbied betoon aan die Here jou God … (28:58).

GESELSVRAAG: Hoe leer ons ons kinders gehoorsaamheid?

“Kyk, ek het jou in die wêreld gebring, en ek kan jou weer uithaal.” “Ek sal jou velle van jou lyf aftrek.” “Ek sal jou klap dat jou ma jou vir ’n eendvoël aansien.” “Vanaand sal jou pa hiervan hoor.” Dreigemente, dreigemente. Kinders leer gou watter dreigemente om ernstig op te neem. “Ai, Oubaas, die see is net soos die miesies. Hy raas baie, maar hy doen niks,” was glo Jonas se kommentaar toe sy werkgewer hom vir die eerste keer die see gaan wys het.

Moses se woorde word ál ernstiger. Hy sien in sy geestesoog hoe die volk ongehoorsaam word en in ballingskap weggevoer word. Hy weet nie meer hoe om die belangrikheid van die regte verhouding met God by hulle tuis te bring nie. Hy besef dat God se genade tot ’n einde sal kom. As hulle nie wil hoor nie, moet hulle voel. Dit het dan ook so gebeur.

Ons leef in ’n wêreld waar min mense God ernstig opneem. Mense het vir hulle ’n god geskep na hul eie beeld en gelykenis. Hulle ken God baie sleg, want hulle lees nie meer die Bybel nie. Gelukkig is jy anders!

GEBED: Here, ons wil U leer ken soos U werklik is. Maak u Woord elke dag vir ons oop sodat ons dit kan gehoorsaam.

Lees vanaand in Deuteronomium 28:63-68 wat die uiteinde is van ’n volk wat die Here die rug toekeer.

Uit die Beek 2017

Подняться наверх