Читать книгу Uit die Beek 2017 - Attie van Wijk - Страница 43

SATERDAG 4 FEBRUARIE 2017 Lees eers Deuteronomium 22:13-21

Оглавление

BEVEG SONDE

So moet jy hierdie soort kwaad tussen julle uitroei (22:21).

GESELSVRAAG: Hoe kan ons ons huwelik beskerm en versterk?

“Kyk, jy wil tog eendag jou vrou gelukkig maak. Daarom moet jy met soveel los meisies moontlik bed toe gaan sodat jy ervaring kan opdoen,” het die landbouskool se seuns mekaar geleer. Geeneen van hulle het daaraan gedink dat die “los” meisie eendag iemand se vrou sou word nie. Ook nie dat hulle deur hierdie soort optrede self “los” word en dus nie van hul vrou kan verwag wat hulle nie self is nie. Seksueel oordraagbare siektes het hulle nie afgeskrik nie.

Die Here wou die volk deur Moses laat verstaan dat die huwelik rein gehou moes word, want dit moes die sigbare voorbeeld van die verhouding tussen Christus en sy kerk wees (vgl. Ef 5:24-25). Daarom lê Moses hierdie streng wette neer om as afskrikmiddel te dien sodat die huweliksgrense nie oorskry word nie. Vandag klink dit vir ons oordrewe, want voorhuwelikse seks het iets algemeens geword. Gevolglik mis baie van ons die voorreg om die huwelik as rein mense in te gaan.

Voorhuwelikse seks en egbreuk is sonde. Tog is dit nie ’n onvergeeflike sonde nie. As jy skuldig hieroor voel, kan jy dit teenoor die Here bely en besef dat jy van vandag af skoon en rein in sy oë kan wees. Jesus het ook vir daardie sondes gesterf.

GEBED: Here, ons bid dat U ons kinders sal help om hul huwelik op vaste fondamente te bou, soos u Woord ons leer.

Lees vanaand in Deuteronomium 22:22-30 hoe huwelike verder beskerm moes word.

Uit die Beek 2017

Подняться наверх