Читать книгу Uit die Beek 2017 - Attie van Wijk - Страница 24

DINSDAG 17 JANUARIE 2017 Lees eers Deuteronomium 9:7-14

Оглавление

VAS OF FEES

Ek het veertig dae en veertig nagte lank daar gebly en niks geëet of gedrink nie (9:9).

GESELSVRAAG: Hoe voel jy oor jou geestelike lewe?

“Ek is besig met ’n 40-dae-vas,” verduidelik my broer waarom hy nie saam met ons wou eet nie. Hy het van vrugtesap geleef. Hy het na die Here se duidelike leiding oor sy toekoms gesoek. “Ek doen ’n Daniëlvas,” vertel ’n maatskaplike werker. Sy het net een maal per dag geëet, en dan net groente, maar baie gebid.

Moses het gevas terwyl die volk feesgevier het (vgl. v. 9). Hy het 40 dae in God se teenwoordigheid deurgebring terwyl die volk Hom die rug toegekeer het. Moses was God se wet aan ’t ontvang terwyl die volk dit aan ’t oortree was. Hulle het dit reeds gehoor, dus was hulle nie onkundig daaroor nie (vgl. v. 10). God wou die volk dus vernietig, maar Moses het vir hulle voorspraak gemaak (vgl. v. 14). Die volk het gou weggedraai van die Here se weë af (vgl. v. 16).

Wanneer jong mense as belydende lidmate bevestig word, lê hulle ’n gelofte af dat hulle aan die Here getrou sal bly, Hom in alles wil gehoorsaam en lewende lidmate van die gemeente sal wees. Maar die volgende Sondag is hulle meestal nie daar nie. Baie mense getuig dat hulle eers jare later werklik tot oorgawe aan die Here gekom het. Ons kan dus nie die Israeliete kritiseer nie. Ons was self op daardie pad.

GEBED: Here, ek bely my eie ongehoorsaamheid. Vergewe my om Christus wil, en bewaar ons kinders dat hulle nie ook afvallig word nie.

Lees vanaand in Deuteronomium 9:15-21 hoe ernstig Moses vir sy volk voorbidding gedoen het. Hoe doen jy dit?

Uit die Beek 2017

Подняться наверх