Читать книгу Uit die Beek 2017 - Attie van Wijk - Страница 40

WOENSDAG 1 FEBRUARIE 2017 Lees eers Deuteronomium 20:1-8

Оглавление

MOENIE BANG WEES NIE

Die Here julle God gaan saam met julle om vir julle teen julle vyande te veg, om julle die oorwinning te laat behaal (20:4).

GESELSVRAAG: Waarvoor is jy vandag bang?

“Die sielkundige voorbereiding vir ’n wedstryd is amper belangriker as die inoefening van die bewegings wat nodig sal wees,” verduidelik ’n sportsielkundige. Daarom hou die afrigter of die kaptein van die span ’n ernstige spanpraatjie voor elke wedstryd, en selfs ook met rustyd. Meermale sien ’n mens daarna ’n radikale verbetering in daardie span se prestasie.

Moses het dit ook besef. Hulle was ’n klein groepie teen ’n groot oormag. Die priesters moes hulle dus moed inpraat. Bang mense of mense met dwalende gedagtes moes liewer teruggaan. Hul invloed op die res is nie goed nie. Maar die belangrikste om te onthou is dat die Here met hulle is (vgl. v. 4). Daarom hoef hulle nie bang te wees nie (vgl. v. 3). God veg ook vir hulle. Hy sal die oorwinning gee.

Elkeen van ons moet vandag uitdagings die hoof bied. Dalk is dit boelies by die skool of by die werk. Dalk is dit die droogte of die stand van die ekonomie. Dalk is dit spanning in die gesin of ’n siekte. Dalk is dit skuldeisers of skuldenaars wat nie betaal nie. Ons moet onthou aan wie se kant ons is. Die Here wil ook vandag met jou wees. Vertrou op Hom.

GEBED: Here, sonder U kan ons nie vandag se uitdagings die hoof bied nie. Dankie dat U elke oomblik saam met ons is.

Lees vanaand in Deuteronomium 20:9-20 hoe die Israeliete in oorlogtyd moet optree.

Uit die Beek 2017

Подняться наверх