Читать книгу Uit die Beek 2017 - Attie van Wijk - Страница 28

SATERDAG 21 JANUARIE 2017 Lees eers Deuteronomium 12:1-12

Оглавление

WEES ANDERS

Julle mag nie die Here julle God dien op die manier waarop ander nasies hulle gode dien nie (12:4).

GESELSVRAAG: Hoe aanbid mense van ander godsdienste?

“Wanneer die toordokter oortuig is dat die voorvadergeeste ontevrede met hul nageslag is, sal hy of sy bepaal watter soort dier geoffer moet word. Dan kom die hele familie bymekaar. Die dier moet dan doodgemartel word. Dit is belangrik dat die dier skreeu, as teken dat die geeste die offer aanvaar.” So vertel iemand wat jare lank onder die amaXhosa gewoon en gewerk het.

Moses is bang dat sy volk die gebruike sal oorneem van die heidense volke wat in die beloofde land gewoon het. Daarom beveel hy dat daar met ’n skoon lei begin word. Al die heidense aanbiddingsplekke moet vernietig word. Die lewende God word op ’n ander manier aanbid. Daarom sou daar ’n tempel wees waar almal bymekaarkom om Hom te aanbid.

Daardie tempel bestaan nie meer nie. Sedert Jesus gekom het, is elke gelowige self ’n tempel van die Heilige Gees (vgl. 1 Kor 3:16). Nou hoef ons nie meer een maal per jaar na ’n ver plek te reis om God te aanbid nie. Ons mag elke dag met God verkeer en Hom aanbid net waar ons is. God is nie ver van ons af nie. Hy sal dus wees waar ons ook al vandag sal beweeg. By die sport of by die see is Hy ook. Gee Hom die eer in alles wat julle gaan doen.

GEBED: Ons wy hierdie dag ook aan U, Here. Ons wil U verheerlik in alles wat ons vandag sal doen.

Lees vanaand in Deuteronomium 12:13-19 hoe die alledaagse lewe ook deel van die aanbidding van God is.

Uit die Beek 2017

Подняться наверх