Читать книгу Uit die Beek 2017 - Attie van Wijk - Страница 41

DONDERDAG 2 FEBRUARIE 2017 Lees eers Deuteronomium 21:1-9

Оглавление

WAAR LÊ DIE SKULD?

So sal jy doen wat reg is in die oë van die Here en sal jy die skuld vir ’n onskuldige dood onder jou uit verwyder (21:9).

GESELSVRAAG: Waarom is speurverhale so interessant om te lees?

“Hoe op aarde weet jy dit alles?” vra dr Watson vir Sherlock Holmes. Dan verduidelik die speurder geduldig wat hy alles opgemerk het aan elkeen met wie hy te doen gekry het, wat hy op die misdaadtoneel opgelet het en hoe dit alles inmekaar pas. Só kon hy die een misdaad na die ander oplos. Dis jammer dat hy nie regtig geleef het nie.

Moses praat vandag oor ’n moordsaak waar daar nie genoeg getuienis is om te bepaal wie die skuldige is nie. Dit is interessant dat elke moord ’n klomp bagasie saambring, nie net vir die skuldige en die oorlewendes nie, maar vir die hele gemeenskap. Daarom moes daar op ’n vasgestelde manier opgetree word om die vloek van die moord uit die gemeenskap te verwyder.

Vandag doen ons dinge anders. Ons het die tegnologie om baie akkuraat vas te stel wat gebeur het. Tog word die meeste moorde nie opgelos nie. Om nie te praat van al die ander misdade wat so algemeen voorkom dat dit nie eens meer die koerante haal nie. Het jy al daaraan gedink om te bid dat die Here die waarheid na vore moet bring sodat elke misdaad opgelos kan word? Kom ons bid vandag vir die polisie en die regstelsel.

GEBED: Here, sonder U sal misdaad die land regeer. Ons bid vir die polisie en die regskenners, dat die waarheid sal seëvier.

Lees vanaand in Deuteronomium 21:10-21 hoe reg en orde in die huisgesin verseker is.

Uit die Beek 2017

Подняться наверх