Читать книгу Uit die Beek 2017 - Attie van Wijk - Страница 38

DINSDAG 31 JANUARIE 2017 Lees eers Deuteronomium 19:1-13

Оглавление

MOORD VERBODE

Daar mag nie onskuldige bloed vergiet word in die land wat die Here jou God aan jou as besitting sal gee nie, want dan sal daar bloedskuld op jou rus (19:10).

GESELSVRAAG: Hoe kan ons misdaad in ons land bestry?

“Ja, dit is vandat die doodstraf afgeskaf is dat geen mens meer sy lewe seker is nie,” verklaar ’n bejaarde swart biskop uit die Oos-Kaap. Hy voel dat misdadigers nou geen respek meer vir die polisie het nie, want die polisie word aan bande gelê om hul werk te doen. Misdadigers het al die regte en voorregte, en hul slagoffers het nie meer beskerming nie.

In Moses se dae was daar geen polisiemag nie. Mense het sommer hul familielede se dood gewreek. Selfs as die dood ’n ongeluk was, is mense uit wraak doodgemaak. Daarom maak hy voorsiening vir die asielstede waar so iemand beskerm kan word totdat die saak behoorlik ondersoek is. Nogtans is die beginsel gehandhaaf dat moord met voorbedagte rade gestraf moet word.

Dit gebeur vandag soms dat misdadigers op ’n tegniese punt vrygespreek word. Dit maak dat baie mense liefs die wet in eie hande neem. Vermeende hekse en misdadigers word sonder ’n behoorlike verhoor doodgemaak. Dikwels gaan dit met groot onreg gepaard. Ons moet daarom gereeld vir die polisie en die regstelsel bid vir wysheid hoe om die vlaag misdaad te stuit.

GEBED: Here, ons bid vandag vir ons polisiebeamptes. Bewaar hulle van versoekings en gevare en help hulle om die reg te handhaaf.

Lees vanaand in Deuteronomium 19:14-21 hoe reg en orde in die beloofde land gehandhaaf moes word.

Uit die Beek 2017

Подняться наверх