Читать книгу Uit die Beek 2017 - Attie van Wijk - Страница 25

WOENSDAG 18 JANUARIE 2017 Lees eers Deuteronomium 9:22-29

Оглавление

ROEKELOSE ONKUNDE

Julle het nie op Hom vertrou nie en Hom nie gehoorsaam nie (9:23).

GESELSVRAAG: Watter opdrag van God is moeilik om te gehoorsaam?

“Toe, boetie, spring van die dak af. Ek sal jou vang,” het die pa sy seuntjie aangemoedig. Toe die seuntjie spring, staan die pa opsy en die outjie kry baie seer. “Laat dit nou jou eerste les wees: Jy kan niemand vertrou nie, nie eens jou pa nie,” verduidelik sy pa. Dit lyk asof die Israeliete ook so ’n pa gehad het.

Moses verduidelik met vele voorbeelde dat die volk nie verdien het om bevry te word en die beloofde land te ontvang nie. Hulle het die straf van God verdien, want hulle was gedurig in opstand teen die Hom (vgl. v. 24). Elke keer wat die Here ’n opdrag gegee het, was hulle onwillig. Hulle het God nie geken nie. Hulle het steeds nie besef dat Hy nie in hul diens was nie, maar andersom. Moses het verstaan, en daarom moes hy ernstig voorbidding vir hulle doen (vgl. v. 25-29).

Ons word uit genade gered deur die geloof (vgl. Ef 2:8). Maar ons word met ’n doel gered. God wil ons gebruik om ander mense te help (vgl. Ef 2:10). Dit is eers wanneer ons besef met Wie ons te doen het, dat ons uit liefde wil doen wat Hy wil hê. Kyk vandag mooi wat die Here vir jou wil wys. Wat wil Hy deur jou doen? Wees gewillig om Hom vir ’n wonderwerk te vertrou.

GEBED: Here God, ek ken U nog so sleg. Vergewe my my ongehoorsaamheid en maak my gewillig om te doen wat U sê.

Lees vanaand in Deuteronomium 10:1-9 hoe ’n goeie leier sy volgelinge in gebed dra.

Uit die Beek 2017

Подняться наверх