Читать книгу Uit die Beek 2017 - Attie van Wijk - Страница 29

SONDAG 22 JANUARIE 2017 Lees eers Psalm 119:49-56

Оглавление

GENIET JOU GODSDIENS

Om u bevele uit te voer, is vir my die lewe (119:56).

GESELSVRAAG: Wat is vir jou lekker aan Sondag?

“Toe ek klein was, het my ouers my gedwing om twee keer elke Sondag kerk toe te gaan. Toe het ek besluit dat my kinders nie so moet grootword nie. Ons gaan dus nou net kerk toe wanneer ons lus het,” vertel ’n lidmaat aan die ouderling wat met hom oor sy kerkbywoning kom gesels. “Ek glo dat dit beter is om in die bed te lê en te verlang na die kerk as om in die kerk te sit en te verlang na die bed.”

“Jy weet, toe ek klein was, het my pa my gedwing om saam te gaan rugby toe. Nou gaan ek nooit meer nie, want ek het mos genoeg gegaan toe ek nog ’n kind was. Elke wedstryd duur langer as ’n uur. Hulle vra altyd geld daar. Die sitplekke is ongemaklik. Die luidsprekerstelsel is swak. Die sang is power. Ek stem ook nie saam met alles wat die skeidsregter sê nie,” vertel die ouderling.

Voel jy dalk vandag nie lus om kerk toe te gaan nie? Wat is jou verskoning? Die Bybel sê: “Ons moenie van die samekomste van die gemeente af wegbly soos party se gewoonte is nie, maar mekaar eerder aanmoedig om daarheen te gaan, en dit des te meer namate julle die oordeelsdag sien nader kom” (Heb 10:25). Maar dan kan jy ook nie met vandag se teksvers saamstem nie. Ek wonder wat jy vandag gaan misloop …

GEBED: Dankie dat U vandag ’n afspraak met my gemaak het, Here. Help my om niks van vandag se seën te mis nie.

Lees vanaand in Psalm 119:57-64 hoe ons die Here dag en nag kan dien.

Uit die Beek 2017

Подняться наверх