Читать книгу Uit die Beek 2017 - Attie van Wijk - Страница 62

DONDERDAG 23 FEBRUARIE 2017 Lees eers Deuteronomium 33:8-11

Оглавление

GESEËN OM TE SEËN

Hulle sal vir Jakob in u bepalings onderrig, vir Israel in u wet (33:10).

GESELSVRAAG: Watter seën verlang jy vir jouself? En vir jou kinders?

“Wil Pa nie vir elkeen van die kleinkinders ’n seën uitskryf wat hulle vir die res van hul lewe kan lei nie?” skryf een van ons skoondogters nadat sy ’n studie oor familieseën in die Bybel gedoen het. In die Bybelse tye was die laaste woorde van ’n gesinshoof baie belangrik.

Moses was self uit die stam van Levi. Hy verwys terug na geleenthede toe dié stam vir God se eer gestaan het terwyl ander ontrou geword het. Hierdie stam moes die volk op die pad van die Here lei en as hul onderwysers en predikante optree. “My verbond met Levi sou vir hom lewe en vrede bring, en dit het Ek hom gegee. Hy het My met eerbied gedien en vir my Naam ontsag gehad. Hy het die volk my wil reg geleer en niks verdraai nie. Hy het naby My geleef, heelhartig en opreg, en hy het baie laat afsien van hulle sonde” (Mal 2:5-6). Wat ’n pragtige getuienis.

Wat wil jy graag hê dat mense by jou begrafnis oor jou moet sê? Sal dit nie wonderlik wees as hulle Maleagi se woorde net so oor jou kon getuig nie? Maar dan moet jy (en ek) gewillig wees dat die Here met en deur ons werk. Hy wil ons daarvoor toerus met die Heilige Gees en deur sy Woord.

GEBED: Here, seën my sodat ek vir ander ’n seën kan wees. Dit bid ek ook vir ons hele gesin.

Lees vanaand in Deuteronomium 33:12-19 hoe nog stamme geseën word.

Uit die Beek 2017

Подняться наверх