Читать книгу Omvattende swangersap-, geboorte- en ouerskapgids - Lilian Paramor - Страница 21

GEVAARTEKENS

Оглавление

Indien jy enige van hierdie sewe tekens ervaar, moet jy dit so spoedig moontlik onder die aandag van jou vroedvrou of dokter bring:

1.Bloeding en ander abnormale vaginale afskeidings Dit kan ’n aanduiding wees van verskeie moontlik ernstige swangerskapkomplikasies.

2.Oormatige of te klein gewigstoename, veral ná week 20 Dit kan wees omdat jy abnormaal baie swel of omdat jou baba nie genoegsame voeding deur die plasenta ontvang nie.

3.’n Merkbare verandering in jou baba se bewegingspatroon ná week 25 Normaalweg beweeg babas minstens 10 keer per dag. Die belangrikste is dat jou baba wel beweeg en dat jy nie ’n merkbare verandering in die patroon merk nie. Dit is by verre die beste teken dat alles in die haak is.

4.Hoofpyne gepaard met mislikheid en sigversteurings Dit kan dui op preëklampsie, ’n ernstige toestand wat noukeurige behandeling verg.

5.Brandpyne in jou bene Dit verskil van krampe en kan ’n aanduiding wees van embolisme (bloedklonte). Raadpleeg so spoedig moontlik ’n dokter.

6.Oormatige kortasemheid Indien dit erger is as wat jy verwag het vanweë die gewig wat jy aangesit het, kan dit dalk ernstig wees.

7.Buitengewone swelling, veral as dit met sigversteurings, hoofpyne, duiseligheid en mislikheid gepaardgaan; sien so spoedig moontlik ’n dokter Dit is alles simptome van preëklampsie, ’n ernstige toestand.

Omvattende swangersap-, geboorte- en ouerskapgids

Подняться наверх