Читать книгу Die beginsel van stof - Breyten Breytenbach - Страница 12
tweegesprek
Оглавлениеbaie oosterse verse wat vertel
van die gesprek tussen getuie
en die maan in die water
as helder ewebeeld
vasgedryf in beweging
gaan uit van die veronderstelling
dat daar bo die oppervlak ’n oewer is
Rumi het hierdie gedig geskryf
en toe die vel in die poel laat glip:
kyk hoe verdrink die woorde
met hare donker bloed uit ’n wond
hoe word die nagmond nat papier
soos die maan se versonke skip
kyk hoe swermsing voëls
’n woordeboek van wyshede:
as julle net lank genoeg
stil kan sit
sal ek hulle laat dans
in die waterskyning van sin