Читать книгу Die beginsel van stof - Breyten Breytenbach - Страница 19
die sonnet as verstekeling
Оглавлениеom direk te vaar in oopgaan se oog
maanmunt te pluk uit haar verslete boog
seevarke buitel grysblink in oker water
pelikane weerstalt in laag swiepende geskater
in Doebai dobber dhows soos drywende krismiskoeke
met dek-kajuite se dekorasies uit heilige boeke
kanteldromende derwisje dans en draai die liefde
met die hart en hak en sooltoon van diewe
woordenaars verkondig profesieë in die strate
papegaaismouse verkwansel nagkoninginne se bates
die aarde braak vuur en steierende Babeltorings vergaan
mens kan die harige son met ’n stok doodslaan
hier is die hooglied van besinning se versinsels
hier blye oopgaandae van sing en sing en sing