Читать книгу Die beginsel van stof - Breyten Breytenbach - Страница 8

draf in NY, 16 September 2007

Оглавление

op ’n koggelpas sal jy hol

deur klowe van hierdie megapool

met onder ooglede nog die spoeling

van ’n droom van donkerte,

Septemberlug is ’n blou vlag

rimpelende in torings glas

om ’n komende seisoen van koue

aan te kondig

met ’n koggelpassie bewimpel jy jou asem

tot aan die oewer van die Styx

waar laas nag se maan nog dobber

soos ’n pampoen vol water,

’n skool meeue vlieg stroomaf verby

om besinning te versin

en sing-sing die dood in te haal

want dit is tog die bedoeling

van die lyf:

aanhou beweeg

tot die gedig boontoe dryf

Die beginsel van stof

Подняться наверх