Читать книгу Die beginsel van stof - Breyten Breytenbach - Страница 9
gedig 810
Оглавлениеtoe ek jare gelede
my eerste verse
aan Dirk Opperman gewys het
het hy gesê:
eers wanneer jy ’n duisend
skyf vir skuif skryf
tot jy lam is in die kruis
sal jy begin agterkom
waar-oor dit gaan
hy had waar-skynlik des-tyds gelyk
(nie waar nie, Dirk?
nou jy wie weet waar sooigelyk
met die tyd en die woorde lê)