Читать книгу Die beginsel van stof - Breyten Breytenbach - Страница 7

die tweede vers

Оглавление

die een woord

’n blinde indoena

wat met skuifelstok

na die hoogte buite die stad

gesukkel het

om hand bo die oë

in die diepte te staar

roep die ander op:

’n drafstappie krygers

stowwerig asof met as bedek

wat deur dae en nagte

’n bottel seewater

aan die kus gaan skep het

en nou sing van die vure van verte

om leefweet se dors te les

Die beginsel van stof

Подняться наверх