Читать книгу Wenkbrou - Deborah Steinmair - Страница 21

— Word wakker, Noordewind —

Оглавление

Kaïn het hom op die stoep tuisgemaak. Ongeërg. Rebekka bring vir hom water en mielies, aan die stronk. Hy stop sy kies­te vol kos. Aga het al gelees daaroor: bobbejane het spense in hul wange; hulle druk mieliepitte en ander kos deur splete in die wangbeen en stoor dit in die kies om later te eet. Vandaar die bolwange. Hy sit-lê oopketel op die stoepbank, ontspanne, uit­ge­slape en minagtend soos altyd.

Consolation kom roep hulle vir aandete. Hulle is rasend hon­ger. En voetseer.

Die verskil in stand of klas of orde is duidelik: Consolation bedien onderdanig vir Rebekka voordat sy kombuis toe verdwyn vir haar eie aandete. Hulle kommunikeer net in Afrikaans, formeel en beleefd. Hulle drie sit om die eetkamertafel. Daar is skaapvleis op die spyskaart, maar net Jesse lê weg daaraan. Aga en Rebekka is vegetariërs. Daar is darem ook stampmielies en vier soorte groente. Oumie het nog nie weer te voorskyn gekom nie.

Hulle gaan kruip vroeg in by kerslig nadat hulle die nodigste in ’n kommetjie gewas het. Aga het vir haar en Jesse lang nag­kabaaie van wit katoen, sonder strik of val, uit die laaikas op­gediep. Dit ruik na boerseep en sonlig.

Êrens in die stikdonker nag word hulle wakker van ’n ka­baal. Kaïn blaf-skree dreigend ’n reeks oorlogskrete oor die werf. Dit klief deur die nag. Voetsole klap oor die perskepitte van die tuinpaadjie. Dan is alles stil. Die volgende oomblik gaan hul deur oop. ’n Groteske skadu wieg teen die muur en Consolation, in nagkabaai tot op die vloer, steeds bekappied, staan voor hulle bed met ’n kers in haar hand.

“Oumatjie roep na jou, Keneuoe. Of eintelik na jou se ma.”

Wenkbrou

Подняться наверх