Читать книгу SA kookboek vir allergieë en voedselsensitiwiteit - Hilda Lategan - Страница 11
Ontbytdrankies Ontbytdrankie
ОглавлениеLEWER 1 PORSIE
Vry van: | K | G | Mi | E | Me | L | So | K+P |
• | • | • | • |
Voedingstofanalise per porsie (± 250-300 ml): | |||
1 074 kJ | 40,1 g CHO | 10,0 g proteïen | 5,3 g vet |
1,6 g MOVS | 1,0 g POVS | 2,7 g VV | 3,3 g vesel |
125 ml laevetmelk
75 ml koue water
1 middelslag-piesang, geskil en in skyfies gesny (100 g sonder skil)
5 ml suurlemoensap
50 ml Futurelife Smart Food “Original” (25 g)
’n paar druppels vanieljegeursel (opsioneel, kan tartrasien en/of karamel bevat)
1.Plaas die melk, water, piesang, suurlemoensap, Futurelife en geursel (indien jy dit gebruik) in ’n versapper en verpulp tot glad en skuimerig. Gooi die drankie in ’n glas en drink dadelik.
Kan ek dit bêre?
Die drankie behoort gedrink te word sodra dit gemeng is en sal mettertyd uitskei.
VOORSTELLE EN VARIASIES•Gebruik die Futurelife Smart Food in die geur van jou keuse. Indien die aarbeigeur gekies word, kan die piesang deur aarbeie of bessievrugte van jou keuse vervang word.•Vervang die Futurelife Smart Food deur ProNutro Wheat-free indien jy ’n koringvrye drankie verkies. |