Читать книгу SA kookboek vir allergieë en voedselsensitiwiteit - Hilda Lategan - Страница 17

Limonade

Оглавление

LEWER 1,5 LITER KONSENTRAAT

Vry van:KGMiEMeLSoK+P
Voedingstofanalise per porsie (± 50 ml konsentraat):
154 kJ9,0 g CHO0,0 g proteïen0,0 g vet
0,0 g MOVS0,0 g POVS0,0 g VV0,0 g vesel

½ suurlemoen se skil (± 15 g)

250 g suiker

1 liter water

250 ml vars suurlemoensap

1.Sny die skil van die suurlemoen baie dun af.

2.Plaas die suiker in ’n kastrol en verhit oor lae hitte totdat die suiker opgelos het. Voeg die suurlemoenskil by, verhit tot kookpunt en laat prut vir 3 minute. Verwyder die skil en roer die suurlemoensap by. Giet die warm limonade in gesteriliseerde glasbottels, verseël en hou verkoel.

3.Meng 50 ml konsentraat met 150 ml yskoue water.

Kan ek dit bêre?

Die konsentraat kan vir twee maande verkoel word.

SA kookboek vir allergieë en voedselsensitiwiteit

Подняться наверх