Читать книгу SA kookboek vir allergieë en voedselsensitiwiteit - Hilda Lategan - Страница 13
Beet-en-wortelsmoothie
ОглавлениеLEWER 2 PORSIES
Vry van: | K | G | Mi | E | Me | L | So | K+P |
• | • | • | • | • | • | • | • |
Voedingstofanalise per porsie (± 200 ml): | |||
755 kJ | 35,5 g CHO | 2,6 g proteïen | 0,0 g vet |
0,0 g MOVS | 0,0 g POVS | 0,0 g VV | 6,3 g vesel |
150 g rou beet, afgespoel, dun geskil en in blokkies gesny (± 2 bete)
200 g rou wortels, geskraap en in skyfies gesny (± 2 wortels)
100 g appel, ontkern en met die skil in skyfies gesny (1 appel)
’n duimlengte vars gemmerwortel, geskil en gekap
250 ml appelsap sonder preserveermiddels, bv. LiquiFruit of Ceres
koue water
1.Plaas die beet, wortel, appel, gemmer en appelsap in ’n versapper. Voeg koue water by soos nodig en verpulp tot glad en skuimerig. Gooi die drankie in ’n glas en drink dadelik.
Kan ek dit bêre?
Die drankie behoort gedrink te word sodra dit gemeng is en sal mettertyd uitskei.
VOORSTELLE EN VARIASIES•Gee hierdie drankie met tuiskoms namiddag vir die kinders in plaas van suikerbelaaide koeldrank. Hiermee kry die kind dan reeds ’n goeie porsie groente in! |