Читать книгу SA kookboek vir allergieë en voedselsensitiwiteit - Hilda Lategan - Страница 22
Aartappel-en-suikermieliesop
ОглавлениеLEWER 1,25 LITER
Vry van: | K | G | Mi | E | Me | L | So | K+P |
• | • | • | (•) | (•) | (•) | • |
Voedingstofanalise per porsie (± 250 ml): | |||
793 kJ | 34,1 g CHO | 5,5 g proteïen | 1,9 g vet |
0,5 g MOVS | 0,2 g POVS | 1,2 g VV | 3,0 g vesel |
500 g aartappels, geskil en in kwarte gesny
2 selderystingels met blare, afgespoel en gekap (± 25 g)
1 klein ui, geskil en gekap (50 g)
500 ml kookwater
5 ml sout
415 g-blik KOO- geroomde suikermielies
375 ml laevetmelk
gekapte vars pietersielie na smaak
1.Plaas die aartappels, seldery, ui, kookwater en sout in ’n kastrol. Verhit tot kookpunt, verlaag die hitte en laat prut (met die deksel op) vir 15-20 minute of totdat die aartappels sag en gaar is.
2.Druk die aartappels fyn, roer die geroomde suikermielies en melk by en verhit weer tot kook-punt. Roer en kook vir 2 minute tot stomend warm.
3.Roer die gekapte pietersielie by die sop en sit dit stomend warm voor.
Kan ek dit bêre?
Die sop kan vir 24 uur verkoel word. Bevriesing word nie aanbeveel nie.
SPYSKAART-IDEE•Aartappel-en-suikermieliesop•Brood of kraakbeskuitjies van jou keuse•Gerasperde kaas of biltong volgens verdraagsaamheid en keuse |
VOORSTELLE EN VARIASIES•Vervang die melk deur laevet-sojamelk, dan is die gereg melk- en laktosevry maar nie sojavry nie.•Vervang die melk deur verminderdevet-klappermelk, dan is die gereg melk- en laktosevry. |