Читать книгу SA kookboek vir allergieë en voedselsensitiwiteit - Hilda Lategan - Страница 6
Ontbytgeregte en -drankies
ОглавлениеOntbyt is ’n baie belangrike maaltyd van die dag. As jy ’n gesonde ontbyt eet, sal jy waarskynlik teen tienuur nie so rasend honger wees nie en agterkom dat selfs jou konsentrasievermoë en energievlakke gedurende die oggend beter is. Kies ’n ontbyt volgens jou omstandighede, voedselallergie of -sensitiwiteit. As jy behoorlik beplan, sal dit soveel makliker wees om jou voedselkeuses vir elke maaltyd, ook vir ontbyt, te maak.
’n Tipiese ontbyt kan bestaan uit:
Styselryke kos soos:
•Kitsontbytgraan of gekookte pap.
•Brood, kraakbeskuitjies of ’n muffin.
•Die styselkos van aandete soos rys, pasta of aartappel.
Proteïenryke kos soos:
•Melk of jogurt.
•’n Plaasvervanger vir melk, byvoorbeeld soja-, rys- of klappermelk.
•Kaas, eiers, gaar peulgewasse soos gebakte bone in tamatiesous of lensies, of neute.
•Een van die proteïengeregte.
•Vrugte, vrugtesap en/of groente soos tamatieskyfies.
Jy kan ook ’n smaaklike ontbytdrankie berei van bestanddele wat gewoonlik deel van jou ontbyt is, soos ontbytgraan, melk, vrugte en ’n bietjie yswater. Sien ook die resepte vir smoothies.
Ontbytgeregte en -drankies
Naam van gereg | Vry van:K = Koring; G = Gluten; Mi = Mielies; E = Eier; Me = Melk; L = Laktose; So = Soja; K+P = Kleur- en preserveermiddels | |||||||
K | G | Mi | E | Me | L | So | K+P | |
Bokwietmeelpap | • | (•) | • | • | • | • | • | • |
Gortmeelpap | • | • | • | • | • | • | • | |
Boermannameelpap | • | (•) | • | • | • | • | • | • |
Hawermoutpap | • | (•) | • | • | • | • | • | • |
Hawermoutpap met hawersemels | • | (•) | • | • | • | • | • | • |
Taystee Wheat | • | • | • | • | • | • | ||
Mieliemeelpap/Kreemymeel | • | • | • | • | • | • | • | |
Braaipap/polenta | • | • | • | • | • | • | • | |
Sorghummeelpap (fyn en grof) | • | • | • | • | • | • | • | • |
Krummelpap | • | • | • | • | • | • | • | |
Stywe mieliemeelpap | • | • | • | • | • | • | • | |
Melkkos met tapioka | • | • | • | • | (•) | (•) | (•) | • |
Ontbytdrankie | • | • | • | • | ||||
Vrugtesmoothie | • | • | • | • | (•) | (•) | (•) | • |
Beet-en-wortelsmoothie | • | • | • | • | • | • | • | • |
Groensmoothie | • | • | • | • | • | • | • | • |
Warmsjokoladedrankie | • | • | • | (•) | (•) | (•) | • | |
Nartjiestroop | • | • | • | • | • | • | • | • |
Limonade | • | • | • | • | • | • | • | • |
Ystee met vrugtesap | • | • | • | • | • | • | • | • |
Kamilletee met vrugtesap | • | • | • | • | • | • | • | • |