Читать книгу SA kookboek vir allergieë en voedselsensitiwiteit - Hilda Lategan - Страница 8
Krummelpap
ОглавлениеLEWER 5 PORSIES
Vry van: | K | G | Mi | E | Me | L | So | K+P |
• | • | • | • | • | • | • |
Voedingstofanalise per porsie (± 200 ml): | |||
862 kJ | 40,0 g CHO | 4,5 g proteïen | 1,8 g vet |
0,6 g MOVS | 0,7 g POVS | 0,5 g VV | 2,3 g vesel |
375 ml water
± 2,5 ml sout na smaak
500 ml gesifte mieliemeel (250 g)
1.Verhit die water en sout tot kookpunt in ’n kastrol met ’n deksel. Stel die hitte op laag en gooi die mieliemeel in ’n hopie in die middel van die kastrol. Moenie roer nie. Sit die deksel op en laat vir 3-5 minute prut.
2.Roer die meel en water met ’n vurk totdat die pap fyn en krummelrig is. Voeg ’n paar druppels kookwater by indien die meelmengsel te droog is. Plaas die deksel terug en laat die pap vir 40-50 minute stadig gaar word. Roer af en toe met ’n vurk.
Kan ek dit bêre?
Die pap kan vir 24 uur verkoel word en vir 30 dae in gebruiksporsies gevries word. Herverhit dit in die mikrogolf op mediumhoog nadat 10-15 ml kookwater vir stoomvorming bygevoeg is.