Читать книгу SA kookboek vir allergieë en voedselsensitiwiteit - Hilda Lategan - Страница 9
Stywe mieliemeelpap
ОглавлениеLEWER 4 PORSIES
Vry van: | K | G | Mi | E | Me | L | So | K+P |
• | • | • | • | • | • | • |
Voedingstofanalise per porsie (± 200 ml): | |||
776 kJ | 36,1 g CHO | 4,1 g proteïen | 1,6 g vet |
0,5 g MOVS | 0,6 g POVS | 0,5 g VV | 2,1 g vesel |
500 ml water
± 2,5 ml sout na smaak
350 ml gesifte mieliemeel (180 g)
1.Verhit die water en sout tot kookpunt in ’n kastrol met ’n deksel. Stel die hitte op laag en gooi die mieliemeel in ’n hopie in die middel van die kastrol. Moenie roer nie. Sit die deksel op en laat vir 3-5 minute prut.
2.Roer die meel en water met ’n houtlepel tot ’n stywe mengsel. Voeg nog ’n bietjie kookwater by as die mengsel te styf is. Plaas die deksel terug en laat die pap vir 50 minute stadig gaar word. Roer af en toe.
Kan ek dit bêre?
Die pap kan vir 24 uur verkoel word, maar bevriesing word nie aanbeveel nie.