Читать книгу SA kookboek vir allergieë en voedselsensitiwiteit - Hilda Lategan - Страница 21

Suikermieliesop

Оглавление

LEWER 1,2 LITER

Vry van:KGMiEMeLSoK+P
(•)(•)(•)
Voedingstofanalise per porsie (± 300 ml):
738 kJ26,9 g CHO4,8 g proteïen4,4 g vet
1,2 g MOVS1,5 g POVS1,7 g VV2,0 g vesel

20 ml botter of margarien

1 middelslag-ui, geskil en gekap (100 g)

25 ml mielieblom

415 g-blik KOO- geroomde suikermielies

300 ml laevetmelk

500 ml kookwater

10 ml Ina Paarman-hoenderaftrekselpoeier

25 ml droë pietersielie

sout na smaak

’n knypie peper

1.Smelt die botter of margarien en roerbraai die ui tot deurskynend.

2.Meng die mielieblom, suikermielies en melk saam en roer by die gebraaide ui. Meng die kookwater en hoenderaftrekselpoeier. Roer die vleisaftreksel en pietersielie by die suikermieliemengsel. Verhit tot kookpunt en laat prut vir 3-5 minute terwyl aanhoudend geroer word om aanbranding te voorkom. Geur na smaak met sout en peper. Sit die sop warm voor.

Kan ek dit bêre?

Die sop kan vir 24 uur verkoel word. Bevriesing word nie aanbeveel nie.

SPYSKAART-IDEE•Suikermieliesop•Brood of kraakbeskuitjies van jou keuse•Gerasperde kaas of biltong volgens verdraagsaamheid en keuse
VOORSTELLE EN VARIASIES•Vervang die melk deur laevet-sojamelk, dan is die gereg melk- en laktosevry maar nie sojavry nie.•Vervang die melk deur verminderdevet-klappermelk, dan is die gereg melk- en laktosevry.
SA kookboek vir allergieë en voedselsensitiwiteit

Подняться наверх