Читать книгу Stories vir die lewe-omnibus - Piet Naude - Страница 30

22 Dit sou so ánders kon wees!

Оглавление

In die Westminster-abdy in Londen staan dié woorde op die grafsteen van ’n Anglikaanse biskop:

“Toe ek jonk en vry was en my verbeelding geen perke geken het nie, het ek gedroom hoe ek die wêreld wou verander. Soos ek ouer en wyser geword het, het ek agtergekom dat die wêreld nie sal verander nie.

“Toe het ek my droom effens ingekort en besluit om net my land te verander. Maar ek het daarmee ook geen sukses gehad nie.

“In my herfsjare het ek nog een laaste poging aangewend om dinge te verander. Ek het min illusies oorgehad en besef dat ek tevrede sou moes wees om net my gemeente, of selfs net my gesin, te verander. Maar hulle wou niks daarvan weet nie.

“En nou, terwyl ek op my sterfbed lê, begryp ek, te laat: As ek maar net by myself begin het, sou ek dalk deur my voorbeeld my gesin en ’n paar gemeentelede kon verander. Met hulle inspirasie en bemoediging sou ons dalk ons land kon help verander. En wie weet, miskien sou ons selfs iets aan die wêreld kon doen.”

___________________________________

Wysheid is dikwels baie nader aan ons wanneer ons kniel as wanneer ons vlieg.

WILLIAM WORDSWORTH

Stories vir die lewe-omnibus

Подняться наверх