Читать книгу Stories vir die lewe-omnibus - Piet Naude - Страница 36

26 Dis ’n wonderlike wêreld

Оглавление

’n Vrou se dag het sommer op die verkeerde noot begin: Sy het verslaap en was dus laat vir werk, en dinge by die kantoor het haar net verder omgekrap. Teen die tyd dat sy die bus huis toe moes haal, was haar senuwees in ’n stywe bal vasgewoel. Soos gewoonlik was die bus laat en stampvol, so sy moes bly staan. Die dag was besig om net so sleg te eindig as wat dit begin het.

Toe hoor sy ’n manstem van voor uit die bus uit: “Pragtige dag, nè?”

Sy kon nie die man sien deur al die mense heen nie, maar sover hulle gery het, het hy aanhou kommentaar lewer op alles wat hom gelukkig maak: ’n kerk hier, ’n roomysstalletjie daar, ’n rugbyveld op links, ’n biblioteek op regs. Alles dinge wat die lewe “die moeite werd” maak.

Sy opmerkings het die atmosfeer in die bus aansienlik ligter gemaak, en die vrou se hart ook. Die man se entoesiasme was so aansteeklik dat die vrou glad begin glimlag het.

Toe die bus by die vrou se halte stilhou, het sy deur die skare gedruk om by die deur uit te kom. Sy neem toe haar kans waar om te sien wie die opgeruimde “toergids” was – ’n gesette man met swart brilglase en ’n wit stok. Hy was blind.

___________________________________

Dis nie hoe mense oor God praat wat vir my sê hoe naby hulle aan Hom lewe nie. Dis juis hoe hulle oor aardse dinge praat, wat dit wys.

SIMONE WEIL

Stories vir die lewe-omnibus

Подняться наверх