Читать книгу Stories vir die lewe-omnibus - Piet Naude - Страница 34
ОглавлениеLewe met vergenoegdheid
Vergenoegdheid is om te weet wanneer is genoeg genoeg …
___________________________________
Wie nie tevrede is met wat hy het nie, sal ook nie tevrede wees met dit wat hy so begeer nie
BERTHOLT AUERBACH
Niks in oordaad nie
MUURSKRIF IN DIE TEMPEL VAN APOLLO IN DELPHI
Matigheid (of vergenoegdheid) het te make met hoe ’n mens jouself sien …
Dit is om vrede in jouself te vind met wie en wat jy is, en het.
Vergenoegdheid kom in die vorm van eenvoud en tevredenheid.
Dit staan teenoor heb- en grypsug.
Dit kom in die vorm van nederigheid teenoor trots en selfverheffing; en as nederigheid teenoor aggressie en selfhandhawing.
Vergenoegdheid is dankbaarheid, teenoor onbeteuelde woede.”
DIRKIE SMIT
Minder is meer.
MILES VAN DER ROHE